Amma is die verhaal van Charmaine Africa wat grootword in Bishop Lavis teen die agtergrond van apartheid in n armoedige, apolitiese familie. Sy volg in die voetspore van haar ouma en haar ma met n onwrikbare doel: om haar familie bymekaar te hou terwyl alles uitmekaar val.
Charmaine Africa is n skrywer wat stip in die afgrond in kyk, en dan iets sê om die afgrond hardop te laat lag. Dié is n memoir wat diep in die lyf van elke leser gaan sit.