Jochem van Bruggen (1881 -1957) was 'n Afrikaanse prosaskrywer en die eerste wenner van die Hertzogprys vir prosa sy werk, Teleurgestel, in 1917. Hy is lid van die Tweede Afrikaanse Taalbeweging en verwerf vir al bekendheid vir Ampie, 'n reeks wat armblankes se situasie in die depressiejare as tema het.Ampie: die natuurkind is die eerste deel van die trilogie, waarin die leser aan Ampie, sy gewelddadige pa, ou Goor Dawid, sy nooi Annekie en haar familie (met haar pa, Oom Tys, wat n belangrike rol speel) en sy weldoener Kasper Booysen voorgestel word. Ons ontmoet ook sy donkie Jakob, aan wie hy baie geheg is. Ampie is n ruwe natuurkind, met goeie bedoelinge en n sagte hart, maar iemand wat nog ongetem is en nie sy drifte kan beheer nie. Veral het hy gely in sy opvoeding deur die gebrek aan liefde en aanvaarding van sy vader. Ampie word die simboliese verteenwoordiger van n hele volksgroep van armblankes, wat ontaard het en slegs n dun vernis van beskawing oor het. Hulle gevoelens en drome is basies, maar word intens beleef. Die verhaal begin met Goor Dawid wat vir Ampie dwing om Jakob by die vendusie te verkoop, sodat hy kan varkvleis koop om te eet. Sy weldoener Booysen koop vir Jakob, maar Ampie se bitterheid teen sy vader neem in felheid toe. Hy soek troos by Annekie en gebruik dan die geld wat hy vir Jakob gekry het, om vir haar n ring te koop, terwyl hy hom terselfdertyd aan lekkernye te buite gaan. Dit bring hom in botsing met die gereg en sy pa, waarna hy besluit om vir Booysen te vra vir werk sodat hy weer naby Jakob kan wees. Booysen probeer sy bes om Ampie op te voed. Dit is hier waar Ampie Annekie se afse-brief ontvang, wat n kostelike juweel is van karaktertekening. Ampie gaan soek sy troos weer by ou Jakob, terwyl hy aanle by Hester Staander, wat baie meer sin het in n kerel van die dorp. Wanneer Jakob deur die weer doodgeslaan word, is Ampie verpletter en sy smart word uitmuntend uitgebeeld. Hierna soek hy weer troos by Annekie en draai sy lewe rondom sy verhouding met haar. Ampie: die natuurkind word in 1925 met die Hertzogprys bekroon, nadat dit in manuskripvorm beoordeel is. Ampie, Die Natuurkind - Jochem Van Bruggen. . ISBN 628001800
Title: Ampie
Sub Title: Die Natuurkind
Author: Jochem Van Bruggen
ISBN: 628001800
Books are all in a used condition unless otherwise stated and may contain signs of wear and handling. Items are inspected before listing to ensure they are in an acceptable condition. Please ask questions if you need more details on an item's condition.
Books are shipped within one business day of checkout. If you select EFT as payment method, it may take somewhat longer for payment to reflect on our side before we are able to dispatch.
We offer Pargo Pickup (3-5 business days), local collection in Somerset West or Aramex door-to-door courier (1-2 business days). Shipping options can be selected at checkout.
We recommend Aramex courier as a fast no-contact delivery method available to all destinations within South Africa. Tracking number will be supplied once your shipment has been been processed.
See more of our books at
https://www.bidorbuy.co.za/seller/1245451/T_Wever