Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
ORGIE. Eerste Uitgawe. Andre P. Brink se tweede roman en hiermee bevestig hy sy reputasie as die voorste eksperimenteerder van Sestig met Orgie (1965) - `n eksperiment met tipografie en `n poging om die visuele beeld van die gedrukte blad in sigself betekenis-draend te maak. Orgie, `n liefdesverhaal van "hy" en "sy", deur misverstand vervreem, word hier vertel, of liewer "gewys" (met die lees van die roman moet die boek dwars gedraai word) en dikwels word ons gedwing om gelyktydig te probeer waarneem wat "hy" en "sy" binne `n ondeelbare, maar gedeelde moment dink en ervaar.
Baie goed met ligte roesvlekkies en verbruining van endblaaie en verso van stofomslag. Stofomslag is se flapprys geknip en is effe randverweer. Stofomslag het ook 'n skeurtjie aan boonste voorrand met bietjie papierverlies. Skeurtjie is met sellofaanlint herstel. Andersyds 'n besonder net en stewige eksemplaar van die skaars item. in dust-jacket. Hardeband. (#0001788)