Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: Dina Botha
Formaat: Klein Sagteband, Romanza
Toestand: Baie Goed
Byna tien jaar gelede is sy landuit, weggestuur deur haar pa, verwerp. Boonop verraai deur haar geliefde, 'n lafaard wat haar nie eens in die oë kon kyk nie. En nou's sy terug. Hollywood se liefling, al noem hulle haar die ysprinses.
Maar Andrea moes keer. Al die jare. Haar eie potjie krap. En goed ook. Vergeet van Thomas Coetzee se verraad. En nou's hy steeds daar, in beheer van haar pa se sakeryk. Haar eerste liefde, haar gróót liefde, al is sy verloof aan Mark.
En Thomas het nog sy ou streke - hy staan op trou met 'n jong dingetjie. Soos sý destyds. Toe hy haar hart gebreek het.