Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Sagteband
Toestand: Baie goed
ISBN: 9780624045953
Nuwe, bygewerkte uitgawe van die verhaal van die magnaat en weldoener dr. Anton Rupert.
Die skrywers draai geen doekies om nie en vertel die volle verhaal van die Rupert-dinastie 'n verhaal met 'n sprokiesagtige rags-to-riches kwaliteit. Die addisionele hoofstuk beskryf Dr Rupert se afsterwe, kort ná sy vrou oorlede is, die begrafnis en wat oor hom gesê is deur onder andere Thabo Mbeki en Nelson Mandela. Dit bevat ook details oor die inhoud van sy testament en sy nalatenskappe.
Die merkwaardige verhaal van die Suid-Afrikaanse entrepreneur en filantroop dr. Anton Rupert word vir die eerste keer hier sonder tierlantyntjies gedeel.
Dit vertel die reis van 'n seun wat tydens die Groot Depressie in die Karoo grootgeword het.
Anders as Harry Oppenheimer, het Rupert nie rykdom geërf of sy fortuin in mynbou opgebou nie; hy het die Rembrandt-groep gestig, wat wêreldbekendheid verwerf het met sy luukse handelsmerke soos Cartier, Dunhill en Mont Blanc.
Oor die jare het die Rupert-familie 'n nalatenskap geskep wat hulle onder Afrika se rykstes geplaas het, saam met die Oppenheimers.
Rupert se ambisies het egter veel verder gegaan as finansiële sukses. Hy het hom beywer vir vennootskap en naasbestaan, en het dikwels met die politieke leiers van sy tyd gebots. Sy toewyding aan kuns, kultuur en natuurbewaring het daartoe gelei dat hy oorgrensparke begin loods het'n innoverende idee wat vandag pertinent is.