Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Apokriewe ou en nuwe testament: Verlore boeke uit die Bybelse tyd - Jan van der Watt & Francois Tolmie Die Evangelie van Maria Die Wysheid van Salomo Die Openbaring van Paulus en nog baie meer! Die fassinerende wêreld van die vroeg-Christelike biblioteek Naas die 66 boeke wat ons in die Bybel vind, is daar ook ander geskrifte wat uit die tyd van die Ou en Nuwe Testament dateer. Hierdie verlore bocke uit die Bybelse tyd is nou nuut vertaal in moderne Afrikaans en dit sluit 'n skat van verrassende perspektiewe oop wat elke leser se verstaan van die Bybel geweldig sal verryk. Die APOKRIEWE bied: - Tydlyne wat elke boek histories posisioneer ten opsigte van ander belangrike gebeure. Inligting oor wanneer, deur wie, waar en vir wie elke boek geskryf is. Die waarde van die spesifieke boek vir Christene vandag. -'n Lys verwysings wat aandui waar die spesifieke apokriewe boek met die Bybel ooreenstem. Verrykingsblokkies wat die inhoud verhelder en begrippe duidelik maak. - Inligting oor die intertestamentêre tyd en antwoorde op vrae waaroor talle Bybellesers wonder. Die APOKRIEWE maak vir lesers die venster oop tot 'n beter begrip van die denk-en leefwêreld van die vroeë Christene en ou kerkvaders. Dit ontsluit as't ware die fassinerende wêreld van die vroeg-Christelike biblioteek.. Jan van der Watt is die hoof van die Departement van Nuwe Testamentiese Wetenskap aan die Universiteit van Pretoria. Hy is redakteur en medewerker van verskeie Bybels en ander Christelike publikasies. Francois Tolmie is die hoof van die Departement Nuwe Testament aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy navorsing is veral gerig op die Johannesevangelie en die Briewe van Paulus. Hy het meegewerk aan die Afrikaanse Bybel vir Dowes.
Goeie toestand