Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
We combine postage, so do look at our other items on offer.
Postage prices outside of South African borders will differ. Please enquire before purchasing.
Dispatched within 3 business days.
Condition : Good.
First edition, Tafelberg, 2012 - Afrikaans fiction - 271 pp.
Met sy debuut, Die jakkalssomer, het Dirk Jordaan gewys hykán misdaadfiksie skryf, en Arendsnes bevestig dit. Dit isspannend, aktueel, spreek van n grondige kennis van al dievertakkinge van die Suid-Afrikaanse misdaadwêreld en isboonop n baie goeie storie.Dié keer is die heldin n vrou. Lydia Stander...
Sy is van die Valke, die polisie se afdeling vir prioriteitsmisdaad. Lydia Stander. Luitenant Lydia Stander. Toegewyd, gedrewe, slim en, ja, mooi ook. Nie dat enigeen van hierdie eienskappe dit vir haar maklik maak by die werk nie dis n mannewêreld. Sy het egter ook deursettingsvermoë, en dit is deurslaggewend wanneer sy te make kry met n reeks moorde wat dalk iets gemeen het: n polisieman wat voor sy woonstel in Wonderboom-Suid geskiet is; die lyk van n gesiene sakeman in die parkeergarage van n kantoorkompleks; n weermagman tussen die klippe langs Fort Klapperkop...
Een van die spore lei Lydia en haar span na n kleinhoewe buite Pretoria. Die eienaar is ene Kalvyn Botha, n oudsoldaat wat nou n veiligheidskonsultant is. n Geheimsinnige man, wat boonop op die mees onverwagse tye in Lydia se lewe opdaag. Lydia se ontwikkelde intuïsie het al so dikwels oplossings gebied, maar waardeur word dit dié keer gevoed? Deur Kalvyn se ruwe charisma, deur haar huweliksprobleme, of deur haar jeugherinneringe aan n plaaswerf met n stil liggaam in die bloederige stof?
Dirk Jordaan se verhaal is n verstrengeling van vele herkenbare fasette van die Suid-Afrikaanse werklikheid: die blywende invloed van n gewelddadige en polities verdeelde verlede, die spanning tussen n vergeldingsdrang en n sin vir geregtigheid, en n regstelsel wat swaar gebuk gaan onder die gewig van baie ou wrokke. Met sy debuut, Die jakkalssomer, het Dirk Jordaan gewys hy kán misdaadfiksie skryf; Arendsnes bring hierdie feit doodsekuur tuis. Dit is spannend, aktueel, n verhaal van die hoogste kaliber.
Bibliographic information :
Title | Arendsnes |
Publisher | Tafelberg, 2012 |
ISBN | 0624055329, 9780624055327 |
Length | 271 pages |
Please Click ---> HERE <--- to see all the items PTO Books is selling.