Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 24 hours
Armand se eerste kookboek was 'n wegholsukses. Sy toeganklike benadering tot kos het baie mense oortuig van 'n nuwe manier van eet en leef - vars, onopgesmuk, met sakpas-bestanddele in die keto- en banting-styl. Sy boek het gewys: Van lekker eet kom gesondheid en optimale gewig.
In sy nuwe boek stroop Armand sy gunstelingdisse (en homself) nog verder. Sy selfopgelegde uitdaging was om bestanddele wat reeds in sy koskas was, te gebruik. Die kreatiewe verkennings lei tot 'n 'van-plaas-tot-tafel'-aanslag wat wys dat die smaaklikste en gesondste kos eenvoudige kos is.
Armand Kook Kaal 2 bestaan uit 50 banting- en keto-vriendelike disse. Stap-virstap, en met pragfoto's daarby, wys Armand hoe om heerlike disse te skep uit vars bestanddele sonder om die skaal of beursie te laat ly.
Voeg Armand se keto-kruierolletjies, murgpamoen-rstis, en klappermelkpanna cotta tot jou kookarsenaal toe en pluk die vrugte.
Summary | Hier's Armand weer, sonder klere voor jou deur... Armand se eerste kookboek was 'n wegholsukses. Sy toeganklike benadering tot kos het baie mense oortuig van 'n nuwe manier van eet en leef - vars... |
Contributors | Armand Aucamp |
Release date | 20210209 |
Pages | 132 |
ISBN | 0-639-60087-5 |
ISBN 13 | 978-0-639-60087-1 |