Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
As ek weer kon begin. John M. Drescher bely in sy boek As ek weer kon begin (Tafelberg) dat hy ʼn ander prioriteitslys sou hê as hy weer sy lewe kon begin. Hy sou graag meer met sy kinders lag en aandagtiger luister, want ʼn mens groei deur te luister, nie deur te praat nie. Hy sou eerliker wees en probeer om meer tyd saam met sy gesin deur te bring. Dit klink vreemd om aan gesinne wat saam woon, eet en slaap te sê dat hulle meer tyd saam behoort deur te bring, maar dikwels is die mense wat saamwoon die verste van mekaar verwyder. Drescher vertel van drie honderd seuns wat noukeurig aangeteken het hoeveel tyd hul pas oor ʼn tydperk van veertien dae werklik saam met hulle deurgebring het. Die meeste het hulp pas slegs met aandete gesien. ʼn Aantal het hul pas dae lank nooit gesien nie. Die gemiddelde tyd wat pa en seun oor ʼn tydperk van ʼn week alleen saam deurgebring het, was sewe en ʼn half minute! Weet mense nog wat swaamwees regtig beteken?
See pics for condition
More of our collection Here