Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
As murasies kon praat: Ware verhale uit Namakwaland - Gert Sarrisam (Geteken) - 2008 - Sagteband in mooi toestand.
Met sy debuntbundel, Vonke uit die koeroeklip n Eie verhaal uit Namakwaland, het Gert Sarrisam lesers van oraloor bekoor. Sy nuutste bundel bied weer pure leesplesier daar is vrystories en bakleistories, hartseerstories en lagstories, sowel as vertellings oor n klompie rare karakters uit die Namakwalandse omgewing.
Die bekende ware verhale sluit in die van n tweejarige dogtertjie wat verkluim het in die Kamiesberge, die Nazi-gesinde Robey Leibbrandt se spioenasietog aan die Weskus, die tergende Bettie Smith-moordsaak, en die opspraakwekkende moorde deur Jan Pieriga op die plaas Olienpoort. Leer ken ook die vermaakpersoonlikhede Arno van Zyl en ant Grietjie van Garies, en herleef die kubuskoors wat Suid-Afrika in die 1980s getref het!