Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Sy pa wil he hy moet eendag sy besigheid oorneem, maar Kalle Blomkvist het ander planne. Hy gaan speurder word, of niks nie! Sherlock Holmes, Hercules Poirot, lord Peter Wimsey, die almal sal hy uitstof. Kalle het nog nie geleentheid gehad om sy speurvernuf op die proef te stel nie. Die ergste wat nog op Suiderberg gebeur het, was dat Japie Stompvoet op 'n Sondag die kollektekbussie uit die konsistorie gesteel het! Maar as sy vriendin Eva-Lotta se oom, Einar, op die toneel verskyn, kry Kalle dadelik snuf in die neus. Die man is 'n misdadiger, daarvan is hy oortuig. Met toewyding en deeglikheid, en nie sonder 'n bietjie benoudheid nie, hou hy elke beweging van die besoeker dop. Eva-Lotte en Anders word ook by die saak betrek. Uiteindelik kry die baasspeurder kans om homself te bewys en 'n spul juweeldiewe vas te trek! Tydlose storie wat elke leser sal bekoor, soos net Astrid Lindgren kan. Dit is wel vol spanning en drama, maar ook lekker humor en sterk afgeronde karakters, ook die grootmenskarakters in die boek. Lekker!