Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Verpersoonlike Album vanaf voor geboorte tot en met matriek (Graad 12)
U behoort die frustrasie te ken van baba albums in boekvorm - te min plek vir al die foto's en informasie wat u graag wil insluit maar daar is nie voorsienning gemaak daarvoor nie.
Ons kinders word te gou groot en so met die jare vergeet ons die volle besonderhede rondom belangrike gebeurtenisse rakende hul kinderjare. Al hul eerste ervarings, mylpale en hul snaakse sêgoed wat hul kwytgeraak het. Hulle het snaakse name vir sekere dinge, mense en plekke gehad en ons kan nie noodwendig onthou op watter ouderdom het hulle wat aangevang en gesê nie.
Onthou u byvoorbeeld wat die prys van 'n liter brandstof was met u kind se geboorte of die geskenk wat u met elke verjaardag aan hom/haar gegee het. Wat is hul onderwysers se name gewees in elke graad ensovoorts. Eenvoudige vragies wat u kind u dalk eendag mag vra of soos in my geval...antwoorde wat ek van hul geboorte bygehou het en hul vandag ure amuseer. Die eerste bladsy is byvoorbeld "Groot Nuus - ek is oppad" en al die inligting rondom die dag toe mamma uitgevind het sy is swanger met plek vir sonarfoto's en mamma en baba se gesondheid deur die swangerskap is voorsienning voor gemaak. Die laaste bladsy in die boek is waar u kind pas klaargemaak het met skool en self sy/haar gevoelens kan uitdruk in vrae soos "Hoe voel jy oor jou land en sy mense" en "Oor die feit dat jy nou klaar is met skool", "Wie gaan jy die meeste mis" ensovoorts.
Die konsep is eenvoudig. 'n Boogknip-lêer met deurskynende sakkies en my 98 bladsye in "Microsoft Word" formaat op rekenaar.
Ek en my kinders het ure se pret gehad met die albums en op 'n stadium het hulle die projek oorgeneem en hul eie stempel daarop afgedruk.
Voordele
1. Omrede alles op rekenaar is, kan u soos gebeurtenisse paasvind, die data opdateer OF u kan die bladsy wat u benodig, druk soos u dit benodig en dan met pen invul.
2. As die plek vir foto's te min is, skuif u bloot die volgende opskrif aan en maak plek vir meer foto's.
3. U kan inligting (nuwe opskrifte, bladsye, ens.) uitvee of bysit soos dit u behaag.
4. U kan self die papier, grootte, kleur, ens. kies
5. Kombineer die album met "scrapbooking" en doen u eie ding.
6. Sertifikate, verjaardagkaartjies en enige ander items kan in die album ingevoeg word.
7. Alles in Afrikaans
Die album is nêrens in die handel verkrygbaar nie aangesien ek dit self ontwikkel het en kopiereg daarop het. Sou u om enige rede nie tevrede is met die aankoop van hierdie boek in e-formaat nie, sal ek u 100% vergoed deur u gelde plus posgelde terug te betaal.''
R200.00 mag dalk baie klink maar glo my as ek sê dat dit van onskatbare waarde raak wanneer u kind(ers) groot is. Toe ek jare gelede die konsep toegepas het met my kinders, het ek vir geen oomblik besef hoe kosbaar dit vir ons gaan wees nie. Daardie jare was daar nie rekenaar tegnologie nie en alles is met die hand en stensils gedoen. Ons was geseën met twee pragtige kinders waarvan die jongste in 2005 tragies in 'n motorongeluk omgekom het. Ek is so dankbaar vir ons skatkis vol herinneringe en het nou eers besef hoe waardevol die album vir ander kan wees.