Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Boek en omslag nog heel mooi maar voorste blanke bladsy is verwyder - Dalk 'n boodskap op gehad. >>> Mense kan baie onvoorspelbaar wees. Soos wonderboontjies wat uit jou hand spring wanneer jy dit nie verwag nie.
Dit is die slotsom waartoe Magdaleen kom wanneer sy as sosiale sekretasesse in 'n vreemde, oorsese stad met karakters van elke denkbare soort te doen kry: chroniese praters, kwaadpraters, uitspattiges, teruggetrokkenes, gesaghebbendes, gefrustreerdes ... En of dit nou 'n vet vriendin is wat op haar senuwees leef, of 'n belangrike besoeker wat bang is vir kieme, Magdaleen is altyd op haar pos as biegmoeder of hulp in nood. Komkommerkoel hanteer sy die een absurde situasie na die ander - totdat daar iets gebeur wat beslissend ingryp in haar lewe. - Baker openbaar in hierdie roman weer haar vermoë om verborge dieptes onder die saaie oppervlak bloot te lê. Voortdurend stel sy die een "geslote boek" teenoor die ander; kaats met 'n fyn ewewig van satiriese sinisme en deernis oor die oppervlak van alledaagse gesprekke en gebeurtenisse, om uiteindelik die wesenlike vreemdheid van menswees te onthul. - Die stadige ontplooiing van 'n liefdesverhouding is met besondere beheersing en finesse gehanteer, en teen die einde kom dit tot 'n sensitiewe aanbieding van liefde en aanraking teenoor die wêreld van vlakheid en onbegrip. - 'n Geslote boek toon aan hoe buitengewoon die gewone is. (Goodreads)
*N.B.* Dis natuurlik beter om meer as een boek by my te koop want dan betaal jy net R 6 posgeld vir elk van jou verdere boeke – Kyk wat het ek nog, dis dalk die moeite werd.