Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Welkom Nefie Riff
Barney het 'n baie lekker verrassing vir BJ en Baby Bop. Hul nefie Riff kom kuier! Riff verras almal met sy fantastiese vermoë om musiek te maak en sy heerlike persoonlikheid! Almal is baie opgewonde omdat Riff vir altyd by hulle gaan bly.
Skoenlappers en Goggas
Baby Bop is treurig omdat haar troetel ruspe, Monty, weggeraak het. Barney en die ander wil haar help om hom te kry.Baby Bop is verras toe sy Monty binne-in 'n papie ontdek. Almal is opgewonde om Monty te vind nou 'n pragtige skoenlapper!
Vliegtuie en Bote
BJ bring sy splinternuwe speelgoedvliegtuig park toe. Terwyl hy speel, leen Riff die vliegtuigie. Ongelukkig is Riff so nuuskierig oor hoe dit werk, dat hy dit uitmekaarhaal. BJ is darem nie kwaad wanneer hy uitvind nie. Hy wys eerder vir Riff hoe om dit weer aanmekaar te sit.