Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Reenboogbaard se Skat
Hallo maats, daar is 'n skat wat wag!
Sluit aan by Barney en sy vriende terwyl hulle soek na Reenboogbaard se kaart van vorms en kleure. Die towerkaart lei die kinders na 'n wonderlike versteekte skat wat hulle kan deel met almal vir wie hulle lief is - en dit sluit in hul goeie vriend Barney.
Rooi, Blou en Sirkels Ook
Driehoeke. Sirkels. Vierkante. En al die kleure van die reenboog. Kom ontdek saam met Barney en sy vriende die baie kleure en vorms oral om ons. Jy sal nooit raai hoeveel soorte pret hier wag nie. Barney help die kinders besef dat almal verskillend is, maar tog baie spesiaal. Baby Bop kom loer ook in en deel in die pret, terwyl die kinders soek na allerhande interessante vorms en kleure.