Basta! Ons voetspore is in Afrika
Check my rate
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: Dirk Hermann
Formaat: Groot Sagteband
Toestand: Baie Goed
Dirk Hemann, adjunk uitvocrende hoof van Solidariteit, was al mede-outeur van verskeie bocke en outeur van Die Keiser is Kaal, hierdie keer sé hy Basta ons voetspore is in Afrika! Die boek is in die vorm van n brief aan sy vier dogters.
Hy vertel die Afrikanerstorie vanaf 1657 tot vandag aan die hand van sy familiestorie. In die brief aan sy dogters skryf hy oor hulle plek in Afrika. Hy skryf dat die polities gelaaide beeld van die Afrikaner nie aanvaar moet word nie. Hy wil sy dogters bevry van skewe geskiedenisbeelde deur aan hulle hul familiestorie te vertel.
Om die skewe geskiedenis reg te stel, maak hy die geskiedenis lewendig deur te vertel van agteroupagrootjie Hans se bootreis in 1657 na Afrika en hoe hy deur 'n leeu opgeëet is. Hy vertel oor die ontberings van die Groot Trek en die smarte van die Boere-oorloë. Sy oumagrootjie is dood in 'n konsentrasiekamp maar sy ouma het die konsentrasiekamp oorleef. Hy vertel van sy oupagrootjie se ontberings as banneling en die opstaantyd ná die oorlog. Sy pa vertel die apartheidstorie en hyself vertel oor sy eie Afrikaneridentiteit ná 1994. Hy sluit die boek af met 'n uitdaging oor sy Afrika-identiteit. Oor die Afrikanerstorie en die storie van sy familie s hy: Basta - ons voctspore is in Afika.
Die boek is veel dieper as 'n familiestorie. Dit is 'n boek oor Afrikaneridentiteit ná 1994. Die boek is 'n uitdaging aan almal wat die Afrikanerstorie wil kriminaliseer. Die boek maak Afrikanergeskiedenis vir veral jongmense lewendig. Dit vertel die Afrikanerverhaal, maar aan die hand van die lewe van gewone mense. Die boek daag jongmense en alle Afrikaners ook uit om hulle Afrika- en Afrikaneridentiteit in n moderne tyd met trots binne 'n nuwe idioom en idees te herontdek. Hermann skryf in dhe boek dat hy hoop dat Basta Afrikaners sal stimuleer om hulle voetspore in Afrika te soek. Die boek behoort 'n debat oor Afrikaneridentiteit na 1994 los te maak.
New Brand new and unread book.
As New A secondhand book that can easily pass for a new one.
Very Good Book is in great condition with only a minor blemish here and there.
Good Book shows visible reading wear but nothing serious.
Fair Book shows clear and more significant wear, especially on the cover, but is still solid and intact.
Worn Book shows severe wear and tear while still being intact (commonly known as a "reading copy"). Worn books are still good perfect for a good read, all pages will be intact with none threatening to fall out.