| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: Eben Venter
Formaat: Medium Sagteband
Toestand: Baie Goed
Begeerte deur Eben Venter
Madelein is lank vir 'n vrou, byna vyf voet elf, met sterk kuite. Mans raak haar. Mans is haar verlange. Op 'n aand by die Aldridges in November 1942 ontmoet sy vir Bill Scheiffer. En sy taal is die taal van hande, wéét sy toe hy die heel eerste keer sy hande hoog tussen haar dye inglip. Hy kan haar laat duisel: haar vel oraloor gloeiend, haar voue deurklam.
Bill is knap. Hy is een van die eerstes wat die SAAF kies om 'n Spitfire te leer, en die Tweede Wêreldoorlog neem hom na Noord-Afrika. Die boys wat in Kaïro gaan kuier, keer terug met stories. Daar is vroue te kus en te keur, en Bill is verlore. Die reëls van oorgawe ken hy: die gepunte voet, die erekte tepel. Hy staan in vlamme, die hemele gaan hy binne. Sy lewe is te kort vir hierdie oomblikke.
Maar ná die oorlog, op 'n laatmiddag in 1946, keer hy terug na Madelein. Met twee trommels, sy grofseilbalsak, 'n leerkoffer met kruisbande en haar hoededoos stap hulle op dertig morg grond in die Vaalharts 'n gesamentlike toekoms tegemoet.
Bill het haar volkome oorrompel. In sy oë en onder die taal van sy hande is sy besig om verder en verder weg te spoel. Tog bly Madelein wonder of hy haar altyd sal oorwin met daardie oerbehoefte: begeerte.
New Brand new and unread book.
As New A secondhand book that can easily pass for a new one.
Very Good Book is in great condition with only a minor blemish here and there.
Good Book shows visible reading wear but nothing serious.
Fair Book shows clear and more significant wear, especially on the cover, but is still solid and intact.
Worn Book shows severe wear and tear while still being intact (commonly known as a "reading copy"). Worn books are still good perfect for a good read, all pages will be intact with none threatening to fall out.