| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |

(SOFT COVER EDITION)
Kommunikasie is een van die kernaspekte van 'n goeie verhouding; hoeveel te meer dan nie van die Christen se verhouding met God die Vader nie? Meer kommunikasie met die Vader - Gebed - Omsluit baie meer as 'n haastige gee-tog-asseblief-en-seen-almal-vir-wie-ek-lief-is voor ons snags aan die slaap raak of soggens mat 'n vaart die dag injaag, Wat is gebed dan, en hoe moet one dit gebruik in kommunikasie met God?
Doelgerigte Gebed is 'n praktiese gebedshandleiding uit die pen van Bennie Mostert. Dit is gebaseer op die beginsel van 30% kennis van gebed en 70% doen, want "'n mens leer tog bid deur te bid". Die eerste deel van die boek is dus 'n handleiding met 40 onderwerpe wat jou stap vir stap wys hoe om die Skrif te bid. Elke ontwerp word ondersteun deur teksverse wat of reeds verwerk is tot 'n gebed, of 'n riglyn kan wees vir jou eie gebed. Die tweede deel van die boek is 'n studiegids waarin jy jou daaglikse vordering gedurende die 40 weke kan meet.
We will charge 25 rand for sending the parcel to you with a tracking number and insurance up to the amount you paid. Other options are available on request. We you are not satisfied with the condition of the book we will be happy to make a plan for a refund or return but we are not responsible for the contents of the book! :-)