Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Benru en sy boetie Wayne bly nou by hulle ouma. Sy is nie 'n liefdevolle ouma wat koekies bak en drukkies gee nie. Sy is saaklik en formeel. En sy steek iets weg. Benru is seker daarvan.
Benru dink gereeld nog aan sy ouers. Hoe hulle skielik verdwyn het. Die polisie sê hulle is dood. Maar Benru is nie so seker nie ... Deesdae is baie dinge vir Benru vreemd.
Benru weet dit nog nie, maar 'n avontuur van reis, geheime agente en spesiale magte lê vir hom voor!