Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
'n Mooi netjiese boek - Kort geskenk boodskap binne - As ek reg onthou was die radiopraatjies in die 50er jare. >>> Van sy eerste verskyning was OOK DIE KLEIN DINGETJIES 'n treffer. In hierdie bundel skryf John van der Berg; bekende omroeper en skrywer, die wêreld van die klein dingetjies oop. Hy skryf oor die betekenis van dinge wat dikwels onopgemerk verbygaan: die klein daad van vriendskap of meegevoel; 'n jeugherinnering; die lafenis van die aanduur; oor die skoonheid van eenvoudige alledaagse voorwerpe, 'n bekende omgewing, die eie haard, hoe eenvoudig ook al. In ons omgang met die klein dingetjies, sê hy, kan ons groot wêrelde verower. Niks is onbelangrik net omdat dit klein is nie. - Tot op datum is meer as 50000 eksemplare gedruk en die aanvraag duur voort.