Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Die jaar is 1510, byna 150 jaar voor Van Riebeeck. Op Tafelbaai se strand sneuwel die Portugese edelman dom Francisco DAlmeida saam met 65 van sy landgenote in n slag teen n Hottentot-kaptein wie se naam ons nooit sal ken nie. Met hierdie byna vergete voorval uit die verre verlede begin Beroemde Suid-Afrikaanse Krygsmanne.
Flits nou van 1510 tot 1900, na genl. Christiaan de Wet wat n Engelse oormag in n vernuftige hinderlaag lok; flits na Dan Pienaar in die westelike Sahara; na Bob Rogers wat met sy Sabre op die vlammende valleie van Korea afswiep; na kol. Koos van Heerden en Taakmag Zulu, wat alle verset voor hulle platvee en die kommunistiese Angola binne 33 dae 3 000 km ver binnedring.
Beroemde Suid-Afrikaanse Krygsmanne bied n boeiende beeld van krygsverrigtinge binne en buite ons land in die loop van byna 500 jaar.