Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Bethel Hendrix, haar broers en hul ma reis deur die land in 'n Kombi. Hulle leef 'n nomadiese bestaan en bly net vir 'n kort ruk in een dorp voor hulle na 'n volgende beweeg.
Om die gesin aan die lewe te hou, verkoop Bethel se ma vetkoek. Maar oral waar hulle kom, is dit duidelik dat die gesin anders is. Dat hulle arm is. Dat hulle nie in 'n regte huis bly nie. Dat hulle ma anders lyk en dink. Dat daar nie 'n pa saam met hulle is nie. Al wat Bethel wil h is 'n plek waar sy haarself kan wees
Word aanbeveel vir ouderdomme 11 jaar en ouer
Sagteband
160 bladsye