| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
2002 (eerste uitgawe). Sagteband, 86 bladsye. Baie netjiese toestand.
Betsie (Laubscher) is op 21 Junie 1916 op die plaas Langlaagte gebore. Op vyfjarige ouderdom het die gesin na die familieplaas Uitvlug getrek. Ongeveer n jaar voor haar dood, in Julie 2002, is haar boek, Uit die waaisand en die kalkklippe, gepubliseer waarin sy haar grootwordjare op diƩ plaas beskryf. Dit was n plaas ryk aan tradisies en aktiwiteite en Betsie het baie te vertelle gehad oor die huis en buitegeboue: Die waenhuise, werkskamer, melkkamer, vleiskamer, dorsvloer, kafhok en koringmeul asook die koeistalle, varkhokke en krale.
Deur die jare het Betsie se skryftalent na vore gekom en haar eerste kookboek, wat oor vegetariese resepte gegaan het, was n eerste in sy veld in Afrikaans. Dit is gevolg deur vier volumes in die reeks Geregte met souse. Sy het onder andere n boek oor Maleierkookkuns geskryf en n reeks oor die veld: Uit die veldapteek, Kos uit die veldkombuis en Smulvleis uit die veld.



