Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Dokumente vermeld dat Kupido Kakkerlak omstreeks 1760 to 1825 geleef het. Maar Kupido is nie gebore nie, 'n arend het hom gebring. En in daardie tyd het 'n bidsprinkaan verskyn: 'n teken van die gode. Wonderwerke het soos optelgoed op die aarde rondgele. In die aardsheid van Afrika en die eeue oue sfeer van magiesheid en drome, geweld en hartstog laat Kupido hom ken as drinker, bakleier, minnaar, leuenaar - en die eerste Khoi wat as sendeling aan die Kaap van Goeie Hoop georden is. Die raaisel van 'n mens se lewe word ten beste deur die verbeelding benader. 'n Glansende roman, geslyp op humor en pynlike verlies, diepgaande vertwyfeling en geloof. "En voor jou uit, hoog bo, le die blink sterstreep om vir jou pad te wys. Soontoe. Soontoe."............