Herman Lategan is - flaneur van Seepunt. Wanneer hy voetslaan in die strate is hy - toeris in die demi-mond - landskap van vlees en bloed. Hy swerf tussen bergies, dwergies, fopdossers, kerkmuise, nagblomme, laventelhane en ontheemdes. Hy le die mens en homself tot op die been bloot. Die karakters in sy stories, almal ongelooflik en eg, is almal van ons. Vroue wat swaar dra aan die verlies van blink verledes. Jong mans wat kaalbolyf dagga rook in Houtbaai, waar die 'skyn van voorstedelike rustigheid'die res van ons flous, maar nie vir Herman nie, want hy sien onder die oppervlak 'gluip iets wilds, soms sinister, maar ook opwindend.'Hy het 'n oog vir wat fout en uit plek en koddig en belaglik en mooi is, en vir wat snaaks en bisar is.Lesers van Rapport het lank gevra vir 'n versameling van die beste rubrieke uit Herman se weeklikse Woorde wat wip. Hier s hulle nou, oordeelkundig gekeur deur Amanda Botha. As pasella is daar 'n tweede afdeling: poespas van sy sielvolle, melancholiese stories. Danksy sy eiesoortige taalgevoel, verontrustende derde oog, aweregse blik op randeiers, en fyn humoristiese vergrootlas op die lewe, is elke vinjet 'n chiaroscuro van sonlig en donkermaan. Hierdie tydlose bundel kan jy stadig en sorgsaam soos 'n literere smulpaap verorber. Lanklaas was daar sulke eensame beskrywings van die mens se oerverlange. Binnekring van spookasems, Stories oor die lewe - Herman Lategan. . ISBN 9781868426263

Title: Binnekring van spookasems
Sub Title: Stories oor die lewe
Author: Herman Lategan
Number of pages: 197
ISBN: 9781868426263
Books are all in a used condition unless otherwise stated and may contain signs of wear and handling. Items are inspected before listing to ensure they are in an acceptable condition. Please ask questions if you need more details on an item's condition.
Books are shipped within one business day of checkout. If you select EFT as payment method, it may take somewhat longer for payment to reflect on our side before we are able to dispatch.
We offer Pargo Pickup (3-5 business days), local collection in Somerset West or Aramex door-to-door courier (1-2 business days). Shipping options can be selected at checkout.
We recommend Aramex courier as a fast no-contact delivery method available to all destinations within South Africa. Tracking number will be supplied once your shipment has been been processed.
See more of our books at
https://www.bidorbuy.co.za/seller/1245451/T_Wever