Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: Natasha Sutherland
Formaat: Medium Sagteband
Toestand: Baie Goed
Natasha Sutherland was die prinses wat met haar droomprins, 'n bekende Afrikaanse popsanger, getroud was en twee kroonprinsies en 'n suksesvolle beroep as aktrise en programvervaardiger in balans kon hou. Sy was dit alles en meer.
Maar die sprokie van haar lewe het ten aanskou van die hele land verbrokkel. Almal weet van die dramas, die affairs en die egskeiding wat volg.
In dié inspirerende boek skryf Natasha oor haar ervarings, gedagtes en sielereis. Dié verhale van verandering is hartsgeheime van 'n enkelvrou oor haar aanbeweeg van "Gebreek", na "Verbind" tot om "Bevry" te wees.
Aanvanklik lees 'n mens Natasha se Bittersoet belydenisse omdat jy nuuskierig is en meer oor die vrou agter al die drama en sensasie wil weet. Maar na net enkele bladsye weet jy hierdie is nie 'n outobiografie nie. Dit is woorde wat gebore is uit 'n wyse en kosbare hart en wat jou siel aanraak. Woorde wat hoe jy dink en voel oor die liefde, lewe en alles tussenin soos vergifnis vir altyd sal verander.