Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Hierdie blommerangskikkings is nie die soort waarmee jou ma uitgeblink het nie. Die skrywer se Blomme vir jou huis dop blomme en die rangskikking daarvan op sy kop. Sy verduidelik hoekom sy so passievol is oor blomme, dan verduidelik sy die reels - en hoe om hulle te breek. Indien jy graag 'n goeie indruk wil maak, maar al jou sente moet omdraai, leer Nicci jou om pret te hê met een of twee bosse blomme - selfs met geen blomme in sig nie. Die title is gevul met pragtige volkleurfoto's en laat jou kreatiwiteit ontpop met verskeie stap-vir-stap rangskikkings. Dit wys jou dat jy nie net gewone houers hoef te gebruik nie - al gedink aan koeldrankbottels, 'n koolkop of wat van 'n visbak? Sy gebruik alledaagse blomme soos rose en papawers, maar altyd opgetower deur die gebruik van takkies, koemkwat, aspersies of selfs onkruid uit die tuin uit!
TITEL: Blomme vir jou huis
OUTEUR: Nicci Scholtz
TAAL: Afrikaans
SKU: 978-0-7981-4588-6
UITGEWER: Human & Rousseau
PUBLIKASIEDATUM: 2006
BLADSYE: 96
SAGTEBAND
Tweedehands, goeie toestand.