Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Rosemary Ladlau, Blommerangskikking vir die Suid-Afrikaanse Huis. Kaapstad: Struik, 1982.
Hardeband, 28.5 x 22 sentimeter, stofomslag, 96 bladsye, geïllustreer in monochroom en in kleur.
Stofomslag effens geskeur, ligte slytasie aan die omslag. In goeie toestand.
Blommerangskikking, die mees estetiese van die huiskunste, word 'n eenvoudige en tog bevredigende genot in hierdie pragtig geillustreerde handboek deur Rosemary Ladlau, internasionale prys-wenner en kenner. Die boek is spesiaal vir Suid-Afrikaanse omstandighede geskryf en daar is beskrywings en illustrasies van baie inheemse plant-materiaal; dit sal byval vind by die senuweeagtige beginner sowel as die vertroude rangskikker.
Daar is raad oor eenvoudige rangskikkings wat in 'n paar minute gedoen kan word; 70 illustrasies wat onder meer stapsgewys aandui hoe om blomme in plek te hou, en verduidelik wat 'n mens moet doen om harmonieuse verhoudings te skep; en 48 treffende foto's van mev. Ladlau se voltooide rangskikkings wat alle aspirant-rangskikkers sal motiveer.
'Blommerangskikking vir die Suid-Afrikaanse Huis' bevat waardevolle praktiese wenke oor die behandeling van blomme om hulle vars te laat bly; houers en apparaat om te gebruik; wat om in die tuin te plant om later te pluk vir rangskikkings, en hoe om natuurlike bykomstighede soos spoelhout ten beste te gebruik. Daar is 'n gids tot die verskillende rangskilcstyle: periode, tradisioneel, die lapa-nese kuns van Ikebana, moderne en loofrangskikkings, sowel as ontwerpe vir Kersfees, troues en ander spesiale geleenthede.
Blomme is die volmaakte afronding vir elke huis en wat u lewensstyl ook al is hipermodern of gesellig, in die stad of op die dorp, in 'n huis of 'n woonstel hierdie omvattende boek sal u voortdurend inspireer en aanspoor.