Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Die verhaal handel oor Steven Kerner, 'n suksesvolle sakeman wat 'n droomlewe in die suide van Kalifornie lei. Of is sy lewe regtig so wonderlik? By sy huis gaan dit nie so goed as by die werk nie en op 'n aand raak dinge net te veel vir hom. Alles wat hy vir so lank al opkrop, kom na vore tydens 'n hewige rusie met sy vrou, en sy skop hom uit die huis uit. Terwyl Steven sit en besin oor sy probleme in 'n gewilderestaurant alom bekend as Bo se plek ontmoet hy 'n eksentrieke, misterieuse man genaamd Andy Monroe. Andy weet meer van hom as wat enigsins menslik moontlik is. 'n Onwaarskynlike, maar besondere vriendskap ontwikkel tussen die twee mans en geleidelik help Andy vir Steven om sy lewe te herstel. Hy leer hom ook om God se genade en liefde te aanvaar. Bo se plek is 'n verhaal wat lesers sal uitdaag en bemoedig. Dit sal elkeen wat met onopgeloste probleme worstel, hoop bied. Diegene wat smag na 'n voller lewe sal hierdie reis van genesing as 'n ontdekking van God se genade ervaar, want uiteindelik sal God se genade seevier.