Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Boererate — 'n Mens wonder waar en wanneer die oorsprong. Is die Boer die plattelander of is die woord sinnebeeldig van die Afrikaanssprekende, hetsy dorpenaar of plaasboer? Spel jy dit met 'n hoofletter dan is dit die Afrikaanssprekende. In party woordeboeke word die woord "Boererate" nie gevind nie, maar wel "Boeremiddele". 'n Middel is immers aanduidend van 'n voorskrif, terwyl rate liewer die indruk skep van oorlei wing.
Daar is meer romanse in die woord "rate" as in "middele". Oorlewing is gebore uit hoors, observasie, ondervinding, mite, geloof en die magiese. Die oermens het gou kennis gemaak met beserings en wonde, di was die gevolg van fisieke, tasbare elemente. Siektes was onverklaarbaar, die oorsaak die onaantasbare. Maar vro mens het by die dieresamelewing gesien en geleer en moontlik so 'n titseltjie eksperimentasie bygevoeg — as pylgif kon gemaak word, was daar dan ook nie die nodige vir natuurfarmasie nie?
So het die Grieke honderde jare voor Christus plantegroei ingedeel in medisinale en nie-medisinale spesies, en tot onlangs moes die mediese student nog plantkunde as 'n eerstejaarvak neem. Maar die misterie van siekte roep die onbekende op, en die oorsaak word gesoek by besoeke van die ongewenste. Vandaar die genese deur gepaardgaande rituele. Maar ook nie altyd nie — die boervroumoeder met konsentrasiekamp-ondervinding moes haar kind se witseerkeel diagnoseer en behandel met dit wat sy ken: stoom, en die nog warm linkerwolkous om die nek. Sy het nog nie geweet van serum nie, waar die stadsvroumoeder die dokter byderhand het, en nooit daardie soort wroeging hoef mee te maak nie.
Ons het hier met sowel die etniese as die geografiese Boer te make. Die misterie van juis die linker-wolkous is moontlik dat van die min kinders wat die siekte oorleef het in die kamp so behandel is. Warm, vars afgeslagte katvel vir maagvliesontsteking het die strelende effek van hitte en kan ook die kwaad uittrek. En hoekom kat? Di is mos volop op 'n plaas, teel vinnig aan en is ontbeerlik!
Die boekstaaf wat so eie is van ons nasie moet vir die nageslag bewaar word en ons is dankbaar vir Danie Smuts dat hy hierdie belangrike saak sy verantwoordelikheid gemaak het.