Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
DU TOIT, KOBUS (deur hom onderteken). Boerperd – Die geskiedenis van die SA boerperd. West Publishing, 2010. Eerste Uitgawe. "In hierdie boek word die 350-jaar geskiedenis van die menigvuldige perderasse in Suid-Afrika en wat in die verlede ’n bydrae tot die Kaapse Perd, die Hantam perd, die Basoetoepoon en nou die SA Boerperd gemaak het, deur dr. du Toit geboekstaaf. Sedert 1915 is hierdie boek die eerste omvattende werk wat, op ’n oorspronklike wyse, die historiese en kulturele aspekte van die geskiedenis van die inheemse Suid-Afrikaanse perd boekstaaf. Die SA Boerperd se oorspronklike eienskappe van gehardheid, selfsorgsaamheid, gedienstigheid, betroubaarheid en veelsydigheid het reeds vir die SA Boerperd ’n toenemende gevolg van lojale en entoesiastiese bewonderaars gegee. Hierdie boek sal die SA Boerperd se bewonderaars verder in Suid-Afrika en dwarsoor die wêreld uitbou." 542 Bladsye, 320+ foto’s, 40 tabelle en 40 verdere illustrasies. 210x310mm Hoog. (Swaar item en 'n postarief-kwotasie moet verky word.) Soos Nuut in Soos Nuut stofomslag. Hardeband.
Geskenks-inskripsie deur Skrywer en sy Eggenote, asook onderteken deur Skrywer. Boek is in splinternuwe ongeleesde toestand. (#0001213)
afrika, perd, horse, africa, boer horse, boereperd, suid afrika, south africa, poon, hantamperd, basoetoe, inheemse perde, perderas, horses,