Natuurlike eksfoliasie en warm geur vir jou vel
Wakker seep. Wakker vel. Wakker jy.
Ons Masseringseep is spesifiek ontwerp vir doelgerigte
afskilfering en massering. Die unieke "vinger"-vorm maak
voorsiening vir presiese massering en afskilfering, wat dit
perfek maak vir areas soos elmboë, hakke en dye.
Hierdie weergawe van ons klassieke Boerseep is verryk met
egte koffiemoer. Die fyn korreltjies help om dooie vel sagkens te
verwyder, terwyl die warm koffiegeur jou sinne prikkel.
Waarom Koffie boerseep werk:
Natuurlike skrop vir sagte, gladde vel
Stimuleer bloedsirkulasie laat jou vel gloei
Kan help om selluliet en droë kolle te versag
Geur natuurlik met koffie geen bykomende olies of
reukmiddels
Gemaak met ons tradisionele tallow-resep
Ideaal vir oggendbadtyd, stappersvoete,
of net n bietjie ekstra bederf.