Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Boesman en Lena is n klassieke Suid-Afrikaanse werk uit die pen van Athol Fugard met al die bestanddele wat die land in sy geheel beskryf en steeds van toepassing is vandag: vooroordeel, vervreemding en onteiening.
Dit speel af in Port Elizabeth en vertel die storie van twee swerwers wat vasgevang is in n kringloop van armoede sonder hoop op bevryding. Dit fokus ook op n vrou se alleenheid binne n verhouding, n vrou wat haar mishandeling aanvaar net om iewers te behoort, al is die situasie soms ondraaglik.
In hul omswerwinge ontmoet hulle vir Outa, n swart man wat skuiling soek. Dié ontmoeting dryf Boesman en Lena se verhouding op die spits. Daar word onder meer gefokus op mense se onmenslikheid teenoor mekaar.