Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Hy het die land aan die praat gekry met sy album De la Rey en almal het gewonder of Bok van Blerk dit kan opvolg met nog n treffer-album. Hy het. Afrikanerhart het gewys hy is een van die grootste name in Afrikaanse musiek en die Sama-toekenning wat hy in 2010 as die topverkoper in die land gewen het, het dit deur en deur bewys. Maak jou nou reg vir My Kreet, Bok se derde album. n Album wat reeds voor die vrystelling daarvan as die album van die jaar beskou word. Bok het n gawe om met sy musiek die mense van ons mooi land se harte te raak. Hy groei met elke album as kunstenaar en kan met musiek verwoord wat mense voel. Dit is weer duidelik dat hy in murg en bloed n patriotiese Suid-Afrikaner is en sal opstaan vir waarin hy glo. Met liedjies soos My Kreet, Die Ou Klipkerkgebou, n Goeie Man, Platteland, Tannie Tina van Wyk en Bloubul Shebeen gaan hy nie net weer die land aan die praat kry nie, hy gaan hulle ook aan die dans kry. Bok se aanhangers is honger vir nog n album en is angstig om te kyk wat hy volgende gaan doen. My Kreet is hier
Artists: | Bok Van Blerk |
Released: | 2010 |
Studio: | Independent |
Album Type: | Studio |
Tracks: | My Kreet Die ou klipkerk gebou n Goeie man BMX en bende Tannie Tina van Wyk Konyne Anderkant die treinspoor Bloubul shebeen Die bokke skiet terug Diknek en klein tandjies Honnelos Platteland |
Product Code: | 8301981 |