| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Low carb is Lekker is die skepping van Inè Reynierse, wie se missie was om die voordele wat n lae-koolhidraatleefstyl het, haalbaar en bekostigbaar vir vriende en familie te maak.
Haar lae-koolhidraat-weergawes van Suid-Afrika se mees gewilde en geliefde resepte het vinnig opslae in sosiale netwerke gemaak en sy het besef dat daar werklik n behoefte aan n versameling lae-koolhidraatresepte in die Suid-Afrikaanse mark is, en Low Carb is Lekker is gebore.
Daar is maklike koring-, graan- en suikervrye plaasvervangers vir familiegunstelinge (dink aan bobotie, macaroni-en-kaas en kerrie-en-rys), vinnige trooskos (gnocchi en hoenderpastei) asook baie dekadente bederfkos (malvapoeding, sjokoladebruintjies en melktert).
Geskryf deur n ma vir ander mas wat hul geliefdes se gesondheid deur voeding wil herstel. Low carb is Lekker sal beslis byval vind by alle Suid-Afrikaners wat lief is vir tuiskos sonder om hul gesondheid en welstand in te boet.
ISBN 978-1-43230-546-8
Sagteblad, 208 bladsye, kleur fotos
Toestand: BAIE GOED, SOOS NUUT
