Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Die titel vul n leemte vir diegene van ons wat hou daarvan om eerlike kos met n moderne aanslag te maak lekker kos wat met die eerste proeslag geluksaligheid oor die gemoed bring. Resepte wissel van flatervrye staatmakers soos Pampoenkoekies en Sjokolademousse tot Tamatie-broodsop en Tagliatelle met gerookte salm en tamatie. En die bonus van so n kookskat? Al die resepte in Sarie 5 verg net vyf bestanddele van jou en verg nie die wereld se tyd nie. Die klem op vyf bestanddele is egter net Barbara se rigtingwyser, want sy glo elke persoon moet sy of haar reg he om van die resepte af te wyk om meer bestanddele by te sit of sommiges uit te laat. Die titel weerspieel Barbara se oortuiging dat kook die lekkerste vorm van demokrasie is wat sy ken! Elke hoofstuk bevat resepte wat gepas is vir winter- of somermaande, maar laat jou toe om te besluit waarvoor jy lus het. Barbara se manier van kosmaak is om dinge te vereenvoudig, sonder om die essensie of smaak van n gereg prys te gee. Probeer gerus haar resep vir die lekkerste hoenderpasteie of die perfekte geroosterde aartappels.
Sagteblad, 158 Bladsye
ISBN: 9780798146241 978-1-43170-008-0
Toestand: Baie goed, soos nuut