Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
So kook mens is gebaseer op die beginsel van kettingkook, wat behels dat jy meer as een porsie van 'n gereg maak en dan bevries vir latere gebruik. Die bevrore porsies kan later omgetower word in 'n dis met 'n heel ander vorm en voorkoms. Die variasies op elke resep sorg dat alledaagse kosmaak 'n nuwe avontuur word. Die mikrogolf word jou beste vriend, en die belangrikheid van bevriesing word uitgelig.
Die stap-vir-stap-resepte word op so 'n wyse aangebied dat dit sal voel asof jy 'n kookklas bywoon. En deur die basiese metodes en tegnieke te bemeester, sal jy sommer gou die selfvertroue he om 'n koningsmaal op te tower.
Sagte Blad, 256 Bladsye
ISBN: 9780798170093
Goeie Toestand