Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
In hierdie wit en swart geillustreerde boek verskyn baie plate van werk wat deur verskillende SA borduursters uitgevoer is. Ontwerpe van werk word nie geplaas nie, maar wel ander soortgelyke oorspronklike ontwerpe wat die leseres met vertroue sal kan aandurf. Die verskillende steke, veral in die eerste 4 hoofstukke word dikwels aan die leseres deur medium van ontwerpe bekend gestel. Elke hoofstuk het nuwe steke, die name waarvan in die indeks vermeld word.Inleiding tot saamtrekwerk, randpatrone en motiewe in saamtrekwerk, invulpatrone vir saamtrekwerk, witwerk, rafelwerk, hardangerwerk, swartwerk, algemene telwerk, samestellings met indeks, woordelys van al die verskillende steke.
Afrikaanse Pers-Boekhandel, ISBN 0628005407 Derde uitgawe 1975 Voorwoord Betsie Verwoerd. Koevert met patrone op laaste bladsy van boek ingesluit. Afrikaanse hardeband goed gebind, skoon wit bladsye. 315 bladsye. Stofomslag het skeurtjie uit op agterkant. Met ingeslote patrone op laaste bladsy
.