Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Hierdie drama handel oor tien tieners in n bos by n oorlewingskamp waar spoke, hormone, groepsdruk en goggas die senuwees behoorlik laat knyp. KAMP KOERSHOU is nie vir sissies nie. Want grootword is nie lekker nie. Grootword is pyn. En verwonding. Die tien jeugdiges vertrek op 'n oorlewingskamp, in 'n bos, onder toesig van 'n paramilitaire instrukteur. Dit is hulle rite of passage sodat hulle weerbaar paraat! die grens na volwassenheid kan oorsteek. Maar hoe hou jy koers as jy nie weet waarheen jy wil gaan nie? Die toneelstuk is in 2012 by die KKNK opgevoer met regie deur Marthinus Basson en Stian Bam in die hoofrol.
TITLE: Bos
AUTHOR: Steyn, Malan
SKU: 9781485309222
PUBLISHER: Protea Boekhuis
DATE PUBLISHED: 2019
PLACE PUBLISHED: South Africa
PAGES: 80
BINDING: Paperback / softback
LANGUAGE: Afrikaans
DIMENSIONS: 152 x 222