| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Deon Meyer se verstommende skrywerskap is aanvanklik gevestig as skrywer van ligte, lekkerlees verhale, en hierdie versameling is 'n monument vir die reikwydte van sy talent. Van die eerste tot die laaste verhaal krul die leser se tone van pure leesgenot.
Elke verhaal ontlok 'n gevoel van deernis met die karakters, of 'n uitbundige skaterlag. En die romantiek, hoewel onkonvensioneel, bly nie agterwee nie. Hierdie versameling verhale het aanvanklik in tydskrifte verskyn, en op aanvraag word dit weer hierin een bundel beskikbaar gestel.