Briewe uit Brittanje 2005-2009 deur Rhynie Greeff met ’n voorwoord deur Karen Zoid, sy dogter
“Hierdie boek is ’n versameling van briewe uit sy rubriek Brief uit Brittanje. plus ’n bykomende 17 splinternuwe klugtighede wat nog nooit voorheen gepubliseer is nie. Tussen amusante Suid-Afrikaanse verbintenisse, soos ’n F.W. de Klerkgholfbaan in Brittanje, is daar satiriese onderhoude met Charles Dickens en Kersvader, komiese vorstehuisverhale, baksteenhorlosieblondines, ’n gapsgriepepidemie, ’n fisantejagfiasko, en stuitige uitlatings oor politici, klimaatsverandering, geheime agente en sport. Die leser kan hier meer uitvind oor die Suid-Afrikaner wat die vader van die moltreinstelsel was, die beroemde vlieënier Sailor Malan en die Brit wat met Uniewording in 1910 ’n twee dae lange straatskouspel in Kaapstad met 6 000 deelnemers aangebied het. Die speelse humor wyk ook uit na Doebai, Switserland, Frankryk, St. Helena en die VSA. Briewe uit Brittanje weerspieël die skrywer se unieke beskouing van die wêreld en die mensdom, en sy fyn aanvoeling vir die absurde. Dit is prikkelend en suiwer leesgenot vir oud en jonk.” (omslagbeskrywing). Ok ’n item oor sy dogter, Karen Zoid.
Zebra Press, 200p EERSTE UITGAWE, 226P.
Toestand: Uitstekend.
Verpakking en Posgeld R28 (in S.A.)
OM TE VERSEKER DAT DIE PRYS VAN MY BOEKE BEKOSTIGBAAR EN LAAG BLY, GAAN BOEKE IN 2014 SLEGS VRYDAE GEPOS WORD. (WEENS VERHOOGDE KOSTE VAN BRANDSTOF, VERPAKKING, POSGELD EN PARKERING), Indien u die boek (e)/item(s) dringend benodig of ander reëlings wil tref, kontak my gerus.
N.B.: Dit is natuurlik beter om meer as een boek by my te koop want dan betaal jy slegs R28 per 1 kg boeke en slegs R 6 posgeld vir elk van die boeke na 1 kg. Dus, kyk gerus na ander winskopies op my PoggioBooks.