| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Seleksies uit die briewe van president MT Steyn 19041910 / Selections from the letters of President MT Steyn 19041910
Die briewe wat in hierdie publikasie opgeneem is, is onder meer versamel uit die Vrystaatse Provinsiale Argiefbewaarplek, die Nasionale Argief in Pretoria, die Nasionale Biblioteek in Kaapstad, die Suid-Afrikaanse Instituut in Nederland en die Wes-Kaapse Provinsiale Argiefbewaarplek. Sommige van die briewe was reeds voorheen ten volle of gedeeltelik gepubliseer, byvoorbeeld in Karel Schoeman se boek In liefde en trou: die lewe van pres. en mev. MT Steyn (Human & Rousseau, 1983). Die briewe volg chronologies op mekaar en is opgedeel in ses afdelings, by name Europa, 1904, Die terugkeer na Suid-Afrika, 1905, Opvoeding en nuwe grondwette, 1906, Selfregering, 1907, Die weg na Uniewording, 1908 en laastens Die Nasionale Konvensie (12 Oktober 1908 11 Mei 1909) en Unie.


