Brug Van Die Esels
About This Book
Condition & Size
Brug van die esels
Dalene Matthee
Medium Paperback
Yellowing pages
Bookstore stamp on the front page
Vir Araminta Rossouw het diamante ´n magiese aantrekkingskrag: nie vasgeklamp in ringe of in koningskrone en septers nie, maar ongeslyp en vry in die palm van haar hand, in die holtes van haar African violet se blare, of op haar vensterbank waar hulle met die berg kan gesels. Diamante is klein klippies, heilig, waarin oerlig gebêre is. En hulle straal iets uit: as sy hulle vashou, weet sy of hulle gelukkig is of nie.
Om mense uit ´n geldelike verknorsing te help, gaan verkoop sy vir hulle diamante in ´n krotterige Kaapse buurt, en daarmee gaan ´n kortpad na vryheid vir haar oop. Sy wat as wit kind van Afrika verwerp voel, en gedoem tot ´n ewige struggle; wat wil padgee na ´n land waar dit moontlik is om gewoon te leef sonder skuldgevoel, en by geluk uit te kom.
Dit was toe sy op universiteit in die geskiedenis van die Afrikanervolk gaan delf het om haarself te probeer vind dat sy op ´n barsie afgekom het wat deur alles loop en waarvan iemand haar ooit gesê het nie. ´n Bars wat al groter word, en wat almal en alles aantas.
Nou sien sy geen keuse nie: sy moet self op dié bars langs loop. Want as eiendomsagent sal sy nog baie kommissie moet verdien om vlerke te kan hê vir wegvlieg, maar diamante bied ´n vinnige ontsnaproete. Gevaarlik, maar onweerstaanbaar.
Só begin ´n spel met die fassinerende blink klippies wat haar in ´n krisis laat beland wat sy met haar noukeurige berekenings nie kan voorsien nie. En wanneer alles verlore lyk, kom Koos Malharbe as prokureur in haar lewe. Hy wat genoeg gesien het om te weet dat dit ´n mens nie baat om ´n brug bo-oor die waarheid te probeer bou nie.
About Readmatter Online Used Bookshop
Born from a dream during the heart of the COVID-19 pandemic, ReadMatter has blossomed into one of South Africa s premier online used bookstores. Operating from three strategic depots in Gauteng, we diligently deliver hundreds of books weekly, illuminating minds and enriching souls and bringing the joy of reading to every corner of the nation. Our shelves boast roughly 10,000 books and 4,000 authors at any moment, with an additional 100,000 unlisted treasures available upon request. Can't find what you're looking for? Allow us the privilege to unearth it for you! At ReadMatter, a portion of every sale is lovingly donated to a variety of causes supporting the aged, the vulnerable, and animal conservation. Join us in turning pages and transforming lives, one story at a time.