Brug van die Esels - Dalene Matthee
Check my rate
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Brug van die Esels - Dalene Matthee
Diamante is klein klippies, heilig, waarin oerlig gebêre is
Araminta Rossouw het op universiteit in die geskiedenis van die Afrikanervolk gaan delf om haarself te probeer vind, en so afgekom op 'n barsie wat deur alles loop en waarvan niemand haar ooit gesê het nie. 'n Bars wat al groter word, en wat alles en almal aantas.
Nou sien sy geen keuse nie: sy moet self op dié bars langs loop, want as eiendomsagent sal sy nog baie kommissie moet verdien om vlerke te kan hê vir wegvlieg. Maar diamante bied 'n vinnige ontsnaproete. Gevaarlik maar onweerstaanbaar.
Só begin 'n spel met die fassinerende blink klippies wat haar in 'n krisis laat beland wat sy met haar noukeurige berekenings nie kon voorsien nie.
En wanneer alles verlore lyk, kom Koos Malherbe as prokureur in haar lewe. Hy wat genoeg gesien het om te weet dat dit 'n mens nie baat om 'n brug bo-oor die waarheid te probeer bou nie.
Toestand: Baie goed
Formaat: Hardeband met stofomslag
Bladsye: 244
Uitgegee: Eerste uitgawe 1992 (Tafelberg)
ISBN: 9780624031581