R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Buller se plan - Ingrid Winterbach - 1999 - Human & Rousseau - Sagteband in mooi, skoon en stewige toestand.
In Steynshoop, ’n fiktiewe dorp wat baie herinner aan Ladysmith, vertoef Ester Zorgenfliess sowat twee weke nadat sy aanvanklik slegs die begrafnis wou bywoon van Selene Abrahamson, ’n vorige geliefde van haar neef Boeta Zorgenfliess. Dit word egter gou duidelik dat Ester nie net haar neef wil ondersteun nie, maar ook haarself wil gerusstel oor die gemoedstoestand van die bekende skilder Fonny Alexander wat herstel nadat sy wreed aangerand is. ’n Verdere rede vir Ester se verblyf in Steynshoop is haar wens om die talentvolle sanger Jan de Dood te sien optree in die Steynhuis, ’n gereelde bymekaarkomplek van intellektuele en kultuurmense uit die nabygeleë stad. Ook die jong man, Daan Theron, en sy groepie mansvriende besoek gereeld die Steynhuis in die (tevergeefse) afwagting om Jan de Dood te sien optree. Daan word ook na Steynshoop aangetrek deur die gerug dat daar ’n orakel in die omgewing woon met die besondere gawe om mense se lewens vir hulle te kan uitlê.