This item has closed with no items sold
View the relisted Item
View the relisted Item
View other items offered by Shamz Oz320

Similar products

Die Bybel (Afrikaans, 1983 Translation)
R60
Die Bybel Nuwe Lewende Vertaling
R40
R30 shipping
15% OFF
BYBEL
R550 R645
R30 shipping
Geesvervulde Lewe Bybel vir Vroue
R120

BYBEL

Secondhand
Indicative market price: R645
R550.00 15% OFF
Shipping
Standard courier shipping from R30
R30 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable.
Check my rate
Ready to ship in
The seller has indicated that they will usually have this item ready to ship within 1 business day. Shipping time depends on your delivery address. The most accurate delivery time will be calculated at checkout, but in general, the following shipping times apply:
 
Standard Delivery
Main centres:  1-3 business days
Regional areas: 3-4 business days
Remote areas: 3-5 business days
Buyer Protection How you're covered
Get it now, pay later

Product information

Condition:
Secondhand
Location:
South Africa
Bob Shop ID:
612625971

Titel:  Geloof in Aksie-Bybel
Samestellers: Jan van der Watt, Stephan Joubert, Johan Smith
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging
Bladsye: 1 703

Dis my aangebore liefde vir boeke, glo ek, wat my as tjokkertjie reeds ontvanklik gemaak het vir die Evangelie. My eerste kennismaking met stories was die besielende verhale uit n reeks kinderbybels. En waar is daar n mooier boek as n goeie, duursame Bybel? Verkieslik in leer gebind, met Die Bybel in goud voorop gebosseleer, n vingerindeks en ragfyn bladsye wat onder die vingers ritsel. Sakbybeltjies het n eie bekoring lig en kompak, maar boordensvol wóórde maar so ook die massiewe Bijbels wat soms as erfstukke in sitkamers vertoon word.

Maar liefdesverhaalskrywers is n ongure spul en eens voorbeeldige broeders en susters word dikwels deur hul kollegas verlei tot drankmisbruik, nikotienverslawing, omwelvoeglike taalgebruik en hoereerdery. Nou, ná jare se gebras, word ek treetjie vir treetjie teruggelok na die Lig deur boeke. Ek word al hoe meer daartoe gedring om te leer oor God, om Bybelse standpunte te oordink en te evalueer, om geestelik te groei.

Daarom was ek onbedwingbaar opgewonde oor die Geloof in Aksie-Bybel. Die volledige Ou en Nuwe Testament (Die Boodskap-teks) is hier byeen, maar hierdie boek is soveel meer. Die Geloof in Aksie-Bybel wil jou wys hoe om dit wat jy in die Bybel lees, aktief en voluit te leef (aldus die flapteks).

Wat kan nou meer sin hê as om so n gebruikersgids saam met die Bybel in een band uit te gee?

Oral in die boek is daar kassies onder die hofies "Om te glo", "Om te gehoorsaam" en "Om te volg". Die inhoud van dié kassies is telkens gerig op die Bybeldeel waarnaas dit verskyn.

Elke Bybelboek word voorafgegaan deur n nuttige en bondige inleiding waarin (byvoorbeeld) n bepaalde Bybelboek se struktuur, tema en agtergrond uiteengesit word. Oor die briewe in die Nuwe Testament word daar verklaar aan wie, hoekom, wanneer en deur wie n bepaalde brief geskryf is.

Die konsep is vars en op die oog af kan dié boek vir baie Christene onmisbaar raak, maar daar is besware.

Op bl xiii word meditasie byvoorbeeld sonder meer afgemaak, al is meditasie (as n manier om op geestelike vlak met God kontak te maak en verdieping te ervaar sodat Christen-wees nie bloot oppervlakkig en teoreties uitgeleef word nie) eeue gelede al deur kerkvaders soos Jan van Ruusbroec beoefen. In die Geloof in Aksie-Bybel word meditasie oorvereenvoudig en word daar geïmpliseer dat dit bloot n futiele manier is om God in jouself te probeer vind.

Verder word daar in die kassies n spesifieke skrywer se mening telkens onomstootlik verkondig, sonder om alternatiewe menings in berekening te bring of om Bybellesers aan te moedig om wyer te lees en n eie, ingeligte opinie te vorm. Op bl 805 word verkondig dat God ons gemaak het vir n lewenslange verhouding met n persoon van die teenoorgestelde geslag. Ander gerespekteerde teoloë se siening dat opregte liefde tussen persone van diesélfde geslag deur God erken word word nie vermeld nie. Dit pla, veral aangesien dié kassie ingelei word met: Seks is nie sleg nie. God het ons gemaak as mense met doodnormale seksuele drange. Dis nie iets wat ons moet ontken of probeer wegpraat nie. Op bl 803 staan daar tog: Ons hoef nie bang of skaam te wees vir ons eie seksualiteit nie. God het ons so gemaak. Dit is n gawe van hom af. Dié uitlating smeek dat gayliefde ook aangeraak moet word. Of is hierdie boek slegs bedoel vir homofobiese gelowiges?

Die slotsom is dat die Geloof in Aksie-Bybel n redelik eensydige aanvulling tot die Bybel is, en nie daarop gerig is om die volle omvang en diepte van die Bybel te belig of gelowiges te help om die Bybel sinvol op hul lewens van toepassing te maak nie.

More from this seller

View all
R30 shipping
The Holy Kingdom AND The Turin Shroud, First Editions
R650
R30 shipping
53% OFF
Elephants For Africa Randall Jay Moore
R3,500 R7,500
R30 shipping
Sam Snead on Golf. First Edition, by Sam Snead
R650
R30 shipping
Commanding Heights by Roy Anderson, First Edition, SIGNED copy
R450