Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Language: Afrikaans
ISBN: 9781868901296
Publisher: Pharos
Date Released: October 2012
Format: Soft cover, 370pp
------------------------------------------------------------------------------------------
About this book:
Die eerste omvattende Afrikaanse naslaanbron oor bygelowe wat in Suid-Afrika verskyn. Het jy geweet dat die Shakespeare-stuk Macbeth nie op die naam genoem mag word in n teater in die Verenigde Koninkryk nie? Dit sal ongeluk oor die opvoering bring. Daarom staan dié klassieke werk daar as die Skotse Drama bekend. Weet jy dat geboue in Oos-Asië glad nie n vierde verdieping het nie, en dat geboue in Hongkong geen verdieping met n syfer vier daarin het nie? Verdieping 4, 14, 24, 34 en 40 tot 49 ontbreek in dié wolkekrabbers. Baie mense in China, Korea en Japan ly aan tetrafobie en het n vrees vir die syfer vier. Dit bring onheil, glo hulle. Waarom word groen nie in Franse teaters gebruik nie en violet nie in Italiaanse teaters nie? Want daar bestaan verskeie bygelowe hieroor, wat van kultuur tot kultuur verskil. En boonop kan n bygeloof in een kultuur, n volksgeloof in n ander wees. Net soos in dr. Anton Prinsloo se Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom vertel hy die leser in Bygelowe en waar hulle vandaan kom van n duisternis bygelowe wat wêreldwyd bestaan, en werp hy soms ook lig oor die herkoms daarvan.