Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Die Campbells vier hul 15de jaar in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf met die vrystelling van hulle nuwe DVD — Bapsfontein Live.
Hoe kies kunstenaars wat elke jaar nuwe treffers in die musiekbedryf geskep het 'n liedjie speellys vir hulle DVD? Wel Die Campbells het nie gekies nie hulle het dood eenvoudig al hulle gewildste liedjies opgeneem. Vanaf "You're My Mate", "Rooi Rok Bokkie" en "Bietjie Bietjie Lam" tot "Sjoe-Sjoe", "Yvonne" en "Stoutgat".
In tipiese Campbells styl word die ou met die nuwe verbind in die country/sokkie/dans klank waarvoor Die Campbells so bekend is. Herleef die "magic" van die bekende Bapsfontein Hotel terwyl jy woord vir woord 50 massiewe treffers saamsing.
Die DVD word afgeskop met die nuwe danstreffer - "Vlinders" en saam met 'n sewe-stuk orkes word die toon van die DVD onmiddelik gestel.