Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
5 boeiende verhale oor ultimate issues vir meisies. Jong meisies sukkel baie keer met allerhande probleme en bekommernisse! Hoe gemaak met vriende, vry en versoekings? In die boek leef en leer 5 karakters lesse oor die ultimate issues waarmee meisies te doen kry! Nicola se grootste wens is net om sexy te wees, want dan sal mense haar raaksien. Tog is die slaggate van n maer wees dieper as wat sy ooit kon dink. Karis glo seks voor die troue is verkeerd. Tot sy haar eie begeertes leer ken en uitvind dis nie altyd so maklik om nee te se nie. Mila kan alles koop wat haar oe sien. Maar die lewe maak vreemde draaie met haar en dwing haar om die gerief van geld en goed te ruil vir dinge van groter waarde. Jana hou van haar pelle maar wil net so graag ook by die in-groep wees. Sy probeer hard, maar sy sukkel om nie onder groepsdruk te swig nie. Kimi wonder wanneer 'n mens weet jy het Die een raakgeloop. Want partykeer smag jy na die een wat ver is en kyk verby die regte verhoudings wat naby is.