Chriskras (Kopie 2) - Chris Barnard
Check my rate
View locations
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Die kanarie is in sy koutjie, maar sy stem nie, skryf Chris Barnard. En dit is woorde wat by uitstek op hom van toepassing is, want al is ook hy vasgevang in die sleur en roetine van elke dag, is sy stem beslis vry.
En bevrydend skryf hy - soos sy stemming hom lei, in ligte luim, ernstig, skertsend, krities, nostalgies -oor 'n groot verskeidenheid onder-werpe met 'n aanslag en siening wat hom tot een van ons voorste rubriekskrywers in Afrikaans gemaak het.
Wat noem 'n mens hierdie skryfsels?
vra Barnard. Essay's ? Sketse?
Rubriekstukke? Kopstukke? Voetstukke? En gee dan self die antwoord. Miskien iets heel anders.
Miskien is hulle chriskrasse.
Maar hoe 'n mens dit ook al noem, vir hierdie bundel het hy die 35 bestes gekies uit die eerste 70 wat in sy gewilde rubriek in Die Huisgenoot verskyn het. En hulle verteenwoordig 'n verdere faset van 'n veelsydige skrywer wat hom reeds in verskeie genres onderskei het - van drama en hoorspel tot kortkuns en roman.
Barnard skryf hier oor sy kat Honore de Balzac, en oor die burokrasie, oor super-Afrikaner Hans de la Rey met al sy ingevoerde goed, en oor die liefdevolle wyse waarop 'n man sy pyp moet behandel. Hy vertel ook van die rampspoedige aand toe ¬ダBarnard, die Sestiger 'n kultuur-vereniging toegespreek het.
Hardeband
Condition: Good